|
Ons visieMHI is meer as bloot ʼn mooiweersvriend vir sy kliënte. Met die direkteure se gekombineerde ervaring van sowat sestig jaar, gebruik die firma sy kommersiële-, regs- en finansiële kundigheid om betroubare, bekostigbare asook omvattende regsdienste aan sy kliënte te bied. Ons praktyk MHI, voorheen bekend as Malherbe Hanekom Ingelyf, is ‘n dinamiese Tygervalleise prokureursfirma wat in 1999 gestig is. Binne ‘n jaar ná sy ontstaan is die praktyk na ‘n groter perseel in Durbanweg 297 hervestig. Die skuif is genoodsaak vanweë ‘n uitgebreide kliëntebasis in veral eiendomsontwikkeling, een van die spesialisvelde van MHI. Die voorsitter van die firma, Stefanus Malherbe, het die uitbreiding en groeiende kliëntebehoeftes aangespreek deur nog twee direkteure, Jurgens Tubb en Chris Faure, aan te stel. Ons adres is Durbanweg 295. Dis nie net ‘n nommer nie, maar ‘n toeganklike adres vir al ons gewaardeerde kliënte. MHI roem hom daarop dat hy beskikbaar is vir elke kliënt en ‘n persoonlike diens aan elkeen lewer in ‘n professionele omgewing.
By MHI is jou regs behoeftes ons missie!
|


Meer oor MHI
